About


20190712_100055

Welcome to SHILOH3

Here WE learn that:

  • we are unique and Jesus loves our uniqueness,
  • our contributions are valuable,
  • honosty and integrity in everything we do is important,
  • we were born to make a difference,
  • we need to respect and love one another,
  • we can share our love for Jesus unconditionaly,
  • we need to take responsibility for our actions.

At Shiloh3 I am a WINNER!

Welkom by SHILOH3

Hier leer ONS dat:

  • ons uniek is en Christus ons uniek lief het,
  • ons insette waardevol is,
  • eerlikheid en integriteit in al ons handelinge belankrik is,
  • ons gebore is om ‘n verskil te maak,
  • ons respek en liefde vir mekaar moet hê,
  • ons onvoorwaardelik ons Jesus-liefde met almal kan deel,
  • ons verantwoordelikheid moet neem vir al ons aksies.

By Shiloh3 is ek ‘n WENNER!

20190712_112608

Aansoekvorms | Admission Forms

Laai die relevante AANSOEKVORM vir SHILOH3 en TINA COWLEY hier af

Download the relevant ADMISSION FORM here for SHILOH3 and TINA COWLEY

epos na: readingbrackenfell@gmail.com

adres: Windhoek Slot 4, Arauna, Brackenfell, Kaapstad

Laai af | Download

  SHILOH3 Gr R-3

  SHILOH3 Gr 4-6

  SHILOH3 Gr 7-9

  SHILOH3 Gr 10-12

  TINA COWLEY

  ROBOTICS

  EKSTRA WISK, ENG, AFR | EXTRA MATH, ENG, AFR

  STUDIEKURSUS | STUDY COURSE Gr 4-12

Skoolure | School hours

Skool | School
Ma – Vr | Mon – Fri
GrR&1 | 8-1 | Gr2&3 | 8-1:30 | Gr4-7 | 8-2 | Gr8-12 | 8-2:15 |
Naskool | Afterschool care
Ma – Vr | Mon – Fri | 1-6pm

Ekstra Klasse | Extra Classes

Tina Cowley
Wisk|Math
Afr|Eng
Ma – Vr | Mon – Fri  | 2:15-3:45 & 3:45-5:15  | Sa | 9:00-10:30 & 10:30-12:00
Robotics
Fr | 2 – 3:30 | Sat  | 9 – 10:30

Ontmoet ons Personeel | Meet Our Staff

Toegewyde Personeel | Dedicated Staff

Hannelie Robbeson

Hannelie woon al in Brackenfell vir die afgelope 22 jaar en is oorspronklik van Kimberley.

Sy het Maart 2017 by Shiloh3 Leerakademie begin.

Hannelie en Tannie Marietjie ken mekaar vir ‘n hele klompie jare. Hannelie het nie tweekeer gedink om by die Shiloh3 span aan te sluit nie.

Hannelie glo dat Shiloh3 ‘n skool is waar almal tuis voel en ongelooflike baie liefde daar ervaar. Sy sê altyd – “die Here is in daai skool”.

Vir Hannelie is daar altyd goeie herinneringe. Sy glo jy stap daar in met ‘n glimlag en jy stap daar uit met een.

"My passie is om met kinders te werk. Ek is baie lief vir kinders. Kinders is ons land se toekoms. Hulle moet kan lees en spel. As ek ‘n kind leer lees en jy sien die resultate daarna op daai kind se gesig, jy sien die glimlag! Dan loop my hart oor van blydskap. Kinders is soos goud. Jy moet so mooi met hulle werk."

Marlene MacDonald

Marelene is gebore en het groot geword op Koringberg.

Sy het ‘n juffrou geword op Stellenbosch en is tans woonagtig in Brackenfell. Sy het Januarie 2015 aangesluit by Shiloh3 Leerakademie.

Marlene is deur tannieMarietjie geinspireer om by Shiloh3 aan te sluit. 

Haar passie is om elke leerling te help ontwikkel –akdademies en as mens; na die wil van God.

Marlene is ons gr 4 tot 7 onderwyseres.

"By Shiloh3 motiveer en dra ons mekaar" 

Roselyn Horne

Roselyn is ‘n GrR en Gr1 onderwyseres en werk vanaf 1 Augustus 2017 by Shiloh3 Leerakademie.

Roselyn is oorspronklik van Bishop Lavis, maar bly tans in Belhar(Kaapstad).
Sy is deur haar beste vriendin aan Shiloh3 bekend gestel.

Haar passie is om met kinders te werk, want sy is self baie lief vir kinders.

Roselyn glo dat kinders baie liefde en aandag nodig het om waarlik gelukkig te wees.

"By Shiloh3 is ons een groot familie en dit is altyd lekker as ons as ‘n groep
lekker saam gesellig verkeer."

Babs de Wet

Babs kom oorspronklik van die mooie Danielskuil en is in Kimberley gebore.

In haar lewe het Babs waardevolle lesse geleer wat sy nog elke dag koester.  Sy het voorheen by Bambino skool gehou voordat sy by die Shiloh3 span aangesluit het.

Babs se passie is om met bejaardes en kinders te werk en hulle met soveel moontlike liefde te hanteer.

Sy geniet elke oomlik by Shiloh3, veral die klein klassies wat aangebied word, waar kinders met leerprobleme individuele aandag en liefde kry tydens
onderrig, sowel die Christelike omgewing wat hulle nog sterker kan maak vir die
toekoms.

Sy glo met God is alles moontlik.

"Ek het wonderlike resultate en positiewe verandering gesien wat Marietjie en haar span aan die kinders maak, en wou graag by Shiloh3 werk. 
My beste herinnering by Shiloh3 is die warmte en liefde waarmee ek ontvang was toe ek hier gekom het en steeds daagliks ontvang"

Vicky Taljaard

Hierdie Miniatuur Schnauzer, is ons geliefde, onmisbare terapeut.  Sy is op 10-06-2015 gebore en is besonder intelligent.  Vicky speel ‘n groot rol in die lewens van ons kinders wat op verskillende vlakke van outisme is:

  • Die kinders maak oogkontak met haar,

  • Sy is instaat om die kinders se emosies korrek te peil en waarsku ons vooraf van moontlike “uitbarstings”.

  • Vicky troos, koester en laat ons kinders veilig voel.

  • Sy dra elke dag klere en kry dan ook by ons dankbare ouers, báie aandag en geskenkies.

  • Vicky is élke dag; by álle aspekte en aktiwiteite baie betrokke.

Al ons kinders, ouers en personeellede is báie lief vir haar.

Jeanne-Mari Millen

Jeanne-Mari was deel van die Tina Cowley span voor sy by Shiloh3 Leerakademie in Januarie 2015 begin het.

Jeanne-Mari is ons vreeslose kantoor bestuurder; sy doen ook die finansies en sorg dat al die kinders hulle werk kry.

Vir Jeanne-Mari is elke dag ‘n herinnering, en dis vir haar ‘n plesier om werk toe te kom.


Annelie Badenhorst

Lydia Alexander

Alda Taljaard

Alda is die Meesteres en mede-eienaar van Shiloh3 en Tina Cowley Brackenfell. Alda onderrig tans die Gr 7 en 8’s.  Sy is aktief betrokke in die onderwys vir die afgelope 21 jaar met ervaring in Gr 4 tot 12, N4-N6, IEB, CAPS en Brainline.  Alda het in Engeland A-levels en VCSE  vakke in die senior fase onderrig en in Australië Gr 7 tot 12 onderrig.

"Kinders is spesiaal, elkeen uniek en vol borrelende nuwe idees 
en energie - Hul passie in alles wat hulle aanpak is aansteeklik!
Mag ons nooit regtig groot word nie!"

Marietjie Taljaard van Zyl

"Kinders is my passie, die gróót liefde in my lewe."

Marietjie is die stigter van Shiloh3 en die Brackenfell Tina Cowley Franchisee eienaar. Sy is sedert Januarie 1972, aktief en ononderbroke, áktief betrokke by Onderwys.

"By Shiloh3 Learning Academy, stel ons Jesus Christus Eerste."

Kinders word hier kognitief, emosioneel en fisies ontwikkel en begelei: ten einde hulle volle potensiaal te bereik.

Brain Line Linked With Caps, stel baie hoë standaarde. Leeders word gekoester in ‘n liefdevolle, huislike atmosfeer.

 

Petro van Schoor

Derick Taljaard