Beide Shiloh3 se Graad 7-9 en 10-12 klas gebruik die Optimi Kurrikulum deur Impaq.
Die Kurrikulum voldoen aan al SACAI se vereistes en is 100% CAPS gebasseer. Die leerstof en handboeke is van ‘n baie goeie standaard. Shiloh3 bied vir elke leerder ‘n goed gedissiplineerde, rustige atmosfeer om in te leer en te groei.
Ons leerders presteer buitengewoon goed as gevolg van ons uitstekende leerkrag en klein klassies, individuele aandag en goeie samewerking met ouers.
Ons het ‘n Christelike grondslag en hoë waardes waarbinne ons leerders gereed maak vir hul onderskeie eksamens. Ons help elke leerder om onafhanklik te leer, groot hoeveelhede werk te bemeester en ‘n volhoubare leerkultuur te vestig. Die graad 12 eksamen word by enige publieke skool afgelê en ons verskaf baie notas, webwerfadresse, powerpoints, winterskoolklasse, ekstra klasse en vakspesialiste ter voorbereiding.
Elke leerder het die potentiaal en spasie om te groei en akademies te ontwikkel op hul eie pas.